Monday, 21 November 2011

Ses dag stap spyskaart (Afrikaans)

ONTBYT
Ontbyt moet vullend wees en vinnig om te maak. Vir afwisseling maak ek beurte tussen pakkies Oats-so-Easy (ouens kan twee per dag oorweeg), en muesli-mix (resep: muesli, suiker en melkpoeier reeds saamgegooi in sakkies met regte hoeveelheid vir een ontbyt. “Just add boiling water”). Beskuit saam met ontbyt is ‘n lekker treat maar dit is bulky en neem baie spasie in ‘n rugsak.

TEE/KOFFIE
Beplan vir so twee bekers koffie/tee ‘n dag. Veral in die somer sal jy nooit meer as dit drink nie. Ek sit my koffie en melkpoeier in medisyne botteltjies, maar vir mense wat suiker gebruik werk daai koffie sachets ook lekker. Meet met 'n beker die water wat gekook moet word om gas te spaar.

MIDDAGETE
Middagetes is NB dat dit nie te lank neem nie, anders maak jy steeds kos terwyl almal swem en chill. Provitas en/of Cream-crakers vorm die basis vir enige toppings wat nie bederfbaar is nie. Ek vat vir elke dag twee Melrose kasies of van daai kasies in die sakkies (wat lyk soos worsies). Ook vir die eerste twee dae salami en die res van die dae ‘n pakkie John-West tuna. Dis ‘n goeie idee om game te maak saam met middagete. Een van daai klein sjokolades maak ‘n lekker poeding :-)

Image result for pretzels mini
SNACKS
Vir snacks: enige iets wat lekker is, in matigheid (mens voel maar stupid as jy helfte van jou lekkers vir 6 dae met bloed en sweet saamgedra het om dit weer huis toe te vat). Besluit vooraf hoeveel lekkergoed jy per dag begroot en pak dit in aparte sakkies. Omdat mens heeltyd sout uitsweet wanneer jy stap is soutgoed baie lekkerder as soetgoed. Biltong, droëwors, mini cheddars,  peanuts & rosyntjies en gedroogte vrugte is altyd tops. ‘n Pakkie Super-C’s vir elke dag, een pak jelly babies en so paar Jungle Bars is al soetgoed wat ek neem vir ‘n hele stap. Iets soos Sparkles kan ook goed werk, want suiker=energie.

NOOD KOS
Dit is meer van toepassing wanneer berg geklim word en mens vasgevang kan word in ‘n storm. Die maklikste ekstra maaltyd sou ‘n pakkie oats-so-easy wees en cup o’ soup omdat dit amper niks weeg.

AANDETE
As jy alleen wil kos maak werk 2minuut noodles, Smash en Cup a’ Soup goed, maar as mens vir 2-4 mense saam kos maak kan mens baie lekkerder resepte volg. Saans is jou kans vir lekker kos. Mens kan dit so eenvoudig of ingewikkeld maak soos wat mens wil, daar is altyd genoeg tyd.

Hier is ‘n voorbeeld gee van ‘n onlangse stap, (die idee is om ligte kos te dra wat vinnig gaar word):

Aand 1: Chicken Mate met verseëlde, gerookte hoenderborsie (sal nie afgaan in ‘n dag nie)
                Smash as bykos
                Instant vlae met jelly tots in vir poeding

Related image                Cup a’ Soup vir voorgereg
                Slab vir poeding

Aand 2  Biltong, Cheddars en sampioensoppoeier saam met witrys (BTK ding, VREK LEKKER!)

Aand 3  Tuna-mate (Slaan die tuna blikkie met ‘n klip plat sodat dit minder                plek na die tyd neem).
              Boksie beet of groenteslaai as bykos (dit kom in ‘n verseëlde                        sakkie wat uit die boksie gehaal kan word)
              Pak Marshmallows vir braai of in koffie, as poeding

Image result for couscous salad campAand 4  Couscous met Mushrooms en Tamaties:
    2 koppies Couscous
    12 sundried tomatoes - minced
    3 gedroogte sampioene - opgesny
    3 hoender stock cubes
    2 eetlepels uie vlokkies
    4 teelepels gedroogte pietersielie
    2 teelepels swart peper
    Bestanddele kan vooraf saam in ‘n sakkie gegooi word. Voeg 4-5 koppies        water by en kook vir 5 min.
   - Die resep is vir 4 mense.

Aand 5 spaghetti bolognaise (bully beef werk goed maar ‘n sakkie Soya                     mince sal seker ook lekker wees maar kan dalk te veel gas gebruik                 om gaar te kook) Chinese noodles en mini-skulpies raak die                           vinnigste gaar (en spaar gas).
             Slab vir poeding
               
Neem ook 'n pilhouertjie met sout en pepper saam vir die groep.



GASSTOFIE
Veral as julle 4 gaan wees wat saam kos maak, kyk of julle twee potte kan saamneem per groepie. Miskien 2 stofies ook per 4 mense, dan kan water gekook word terwyl die een stofie kos maak, maar dit is opsioneel. As jy nog van daai klein gas bommetjies gebruik (die wat die gat in gepuncture word), moet jou stofie vooraf ‘n nuwe botteltjie aangesit word (dit lek baie stadig gas en laas jaar se bommetjie is dalk al leeg). Een 450gram gasbottel sal genoeg wees vir drie mense se behoeftes vir al ses dae. (vir ander grootte gasbottels, beplan dat daar ten minste 150gram gas per persoon is (lees net op die gasbotteltjie).

Happy cooking!

No comments:

Post a Comment