KLERE
Die minimum klere moet ingepak word - in 'n sakkie vir wanneer reën. Mr Price / Cape Union Mart se sterker inkopiesakke werk lekker wat dit is dikker as jou gewone winkelsak.
Sintetiese hemde en broeke weeg min, kan maklik gewas word en word vinnig droog (cheap Pep en Mr Price Sport klere wek net so goed soos duurder produkte). Daagliks gaan jy riviere kruis, swem of natreën en 'n nat broek gee gou ‘n rash waar dit saakmaak...
Hierdie lys sluit klere aan die lyf in...
Sintetiese hemde en broeke weeg min, kan maklik gewas word en word vinnig droog (cheap Pep en Mr Price Sport klere wek net so goed soos duurder produkte). Daagliks gaan jy riviere kruis, swem of natreën en 'n nat broek gee gou ‘n rash waar dit saakmaak...
Hierdie lys sluit klere aan die lyf in...
- 2 kortbroeke - elke dag kan een gedra word en die ander een gewas word
- 2 hemde - elke dag kan een gedra word en die ander een gewas word
- 3 pare onderklere - as jy dit gaan was tussen in, anders een vir elke dag
- 4 pare stapsokkies
- ligte top (fleece) en langbroek vir saans (los jou swaar jeans eerder by die huis of kar)
- katoen hemp vir slaap
- beanie (opsioneel)
- windbreaker - as dit nie 100% waterdig is nie, neem 'n poncho ook saam
- hoed
- klein handdoek
- swemklere (mans kan sommer hul kortbroeke gebruik)
- ingeloopde stapskoene, of tekkies (as jy enkel probleme het gaan regte stapskoene jou enkels beter beskerm)
- plakkies/Crocs/Stoukies of iets wat lig maar gemaklik is om mee rond te stap saans
ALGEMEEN
- rugsak: As jy ‘n nuwe ene koop, vra dat hulle dit by die winkel vir jou reg verstel. ‘n 65liter rugsak vir ‘n vrou en ‘n 75liter rugsak vir ‘n man behoort groot genoeg te wees.
- rain-cover (opsioneel): Dit word oor jou rugsak getrek om die sak droog te hou. Groot poncho's pas ook oor jou rugsak so dan is dit nie nodig nie.
- slaapsak binne plastieksak: Dit word nie te koud nie so 'n klein slaapsak is belangriker as 'n warm een.
- matras: Self-inflatable matrasse is oulik maar duur. Ek stap met 'n oprol sponsmatras. 'n Lilo kan gebruik word vir swem en slaap, maar dit kan 'n gat kry en dan slaap jy op die grond - dus op eie risiko!
- tent: 2-man of 3-man tent wat gedeel word. Die een persoon kan die penne dra en die ander die tent om die gewig op te deel.
- 2 liter se waterbottels
- kussing: As jy kan, moenie kussing saamneem nie, slaap eerder op jou opgerolde top en spaar gewig en spasie. Of koop 'n fênsie opblaas kussing
- "Survival bag"
- ekstra swartsak
- Sonbrandroom
- Lip-ice (opsioneel)
- Vaseline vir skaafplekke (opsioneel)
- flits. Koplig verkieslik, dan het mens twee vrye hande vir kosmaak
- “koeldrank” soos soetwyn in ‘n 500ml coke botteltjie stap lekker saam. Moenie glas bottels saam dra nie
- donkerbril (opsioneel)
- Kos gereedskap:
- een blik/plastiek bord wat vir pap en kos gebruik kan word
- mes, vurk en lepel. of "spork". Ek vat net lepel 'n saam
- klein knipmes
- koffiebeker
- gas stofie, lighter en potte tussen kosmaak groep
- skottelgoed sponsie en klein bietjie opwasseep in klein houertjie
- toiletware:
- toiletpapier in ziplock sakkie - pak dit sodat dit maklik bereik kan word
- tandeborsel en klein of half leë tandepasta buisie
- Bioafbreekbare seep (werk vir hare was en klere was ook)
- waslap (opsioneel)
- oogdruppels/kontaklens goeters as jy dit nodig het.
Die boek sê ‘n man se sak moet liger as 1/3 van sy gewig wees, en ¼ vir ‘n vrou. As jy dus ‘n vrou is en jy weeg net 40Kg, dan moet jou sak maksimum 10kg wees. Dis nie maklik om ‘n rugsak net 10kg te kry nie! Ek probeer altyd my sak onder 20kg te hou.
MEDIKASIE
Die stapleier sorg vir noodhulp toerusting, maar dit sal wys wees om die volgende vir jouself in te pak
- antihistamien as jy allergies is of hooikoors kry
- pleisters vir blase
- Tabard / Peacefull sleep vir muskiete. Dit is somer en die daar is baie water
- Panado as jy weet jy kry gereeld kopseer
- asma pompie as jy dit nodig het
- multivitamienpil vir elke dag sal jou daai ekstra energie skop gee
BLASE
Die beste raad vir blase is voorkoming. Skoene wat perfek pas is ideaal. Skoene wat reeds ingestap is, is noodsaaklik. Lekker dik wol-sokkies is my gunsteling, maar baie mense se dat dun draf sokkies, met medium sokkies bo-oor werk vrek goed, want die twee lae verminder friksie. Veral vir mense wat nie R90 se paar stapsokkies wil koop nie, is dit ‘n opsie.
Neem ‘n naald, lighter en rol pleister saam. Maak die punt van die naald vuurwarm. As dit afgekoel is, maak die kleinste gaaitjie aan die kant van die blaas wat nodig is om dit te dreineer. Veral vir hakskene wat weer gaan skaaf, kan van die pleister geplak word sodat die blaas nie sal breek nie. Vir blase wat reeds stukkend is, sal antiseptiese salf en pleister met gaas verligting bring.
'n Ander bekende raad vir ‘n blase is dat jy ‘n stukkie gare met ‘n naald deur die blaas stoot, en die gare so binne-in agter los, dan kan dit lekker uitdreineer. Dit klink vir my maar onhigiënies, want selfs met antibakteriese salf sal so ‘n wond in ‘n sweterige, vuil sokkie ontsteek; daar is elkgeval geen manier hoe dit steriel uitgevoer kan word in die bos nie.
No comments:
Post a Comment