Tuesday, 22 November 2011

Saamvat lys en toerusting wenke vir Wildekus staptoer (Afrikaans)


KLERE
Die minimum klere moet ingepak word - in 'n sakkie vir wanneer reën. Mr Price / Cape Union Mart se sterker inkopiesakke werk lekker wat dit is dikker as jou gewone winkelsak.
Sintetiese hemde en broeke weeg min, kan maklik gewas word en word vinnig droog (cheap Pep en Mr Price Sport klere wek net so goed soos duurder produkte). Daagliks gaan jy riviere kruis, swem of natreën en 'n nat broek gee gou ‘n rash waar dit saakmaak...

Hierdie lys sluit klere aan die lyf in...
  • 2  kortbroeke - elke dag kan een gedra word en die ander een gewas word
  • 2 hemde - elke dag kan een gedra word en die ander een gewas word
  • 3 pare onderklere - as jy dit gaan was tussen in, anders een vir elke dag
  • 4 pare stapsokkies
  • ligte top (fleece) en langbroek vir saans (los jou swaar jeans eerder by die huis of kar)
  • katoen hemp vir slaap 
  • beanie (opsioneel)
  • windbreaker - as dit nie 100% waterdig is nie, neem 'n poncho ook saam
  • hoed
  • klein handdoek
  • swemklere (mans kan sommer hul kortbroeke gebruik)
  • ingeloopde stapskoene, of tekkies (as jy enkel probleme het gaan regte stapskoene jou enkels beter beskerm)
  • plakkies/Crocs/Stoukies of iets wat lig maar gemaklik is om mee rond te stap saans

ALGEMEEN 
    Image result for backpack hiking
  • rugsak:  As jy ‘n nuwe ene koop, vra dat hulle dit by die winkel vir jou reg verstel.  ‘n 65liter rugsak vir ‘n vrou en ‘n 75liter rugsak vir ‘n man behoort groot genoeg te wees.
  • rain-cover (opsioneel): Dit word oor jou rugsak getrek om die sak droog te hou. Groot poncho's pas ook oor jou rugsak so dan is dit nie nodig nie.
  • slaapsak binne plastieksak: Dit word nie te koud nie so 'n klein slaapsak is belangriker as 'n warm een.
  • matras: Self-inflatable matrasse is oulik maar duur. Ek stap met 'n oprol sponsmatras. 'n Lilo kan gebruik word vir swem en slaap, maar dit kan 'n gat kry en dan slaap jy op die grond - dus op eie risiko!
  • tent: 2-man of 3-man tent wat gedeel word. Die een persoon kan die penne dra en die ander die tent om die gewig op te deel.
  • 2 liter se waterbottels
  • kussing: As jy kan, moenie kussing saamneem nie, slaap eerder op jou opgerolde top en spaar gewig en spasie. Of koop 'n fênsie opblaas kussing
  • "Survival bag
  • ekstra swartsak
  • Sonbrandroom
  • Lip-ice (opsioneel)
  • Vaseline vir skaafplekke (opsioneel)
  • flits. Koplig verkieslik, dan het mens twee vrye hande vir kosmaak
  • “koeldrank” soos soetwyn in ‘n 500ml coke botteltjie stap lekker saam. Moenie glas bottels saam dra nie
  • donkerbril (opsioneel)
  • Kos gereedskap:
    • een blik/plastiek bord wat vir pap en kos gebruik kan word
    • mes, vurk en lepel. of "spork". Ek vat net lepel 'n saam
    • klein knipmes
    • koffiebeker
    • gas stofie, lighter en potte tussen kosmaak groep
    • skottelgoed sponsie en klein bietjie opwasseep in klein houertjie
  • toiletware:
    • toiletpapier in ziplock sakkie - pak dit sodat dit maklik bereik kan word
    • tandeborsel en klein of half leë tandepasta buisie
    • Bioafbreekbare seep (werk vir hare was en klere was ook)
    • waslap (opsioneel)
    • oogdruppels/kontaklens goeters as jy dit nodig het.
    Image result for phone camera
  • kamera, batterye en memory card in kamera sakkie, binne in ziplock sak vir reën. OF foon met 'n battery pack!
  • bybel in ziplock sakkie (opsioneel)
  • geld: Neem iets saam om met die locals te smous maar hou dit minder as R200
Die boek sê ‘n man se sak moet liger as 1/3 van sy gewig wees, en ¼ vir ‘n vrou.  As jy dus ‘n vrou is en jy weeg net 40Kg, dan moet jou sak maksimum 10kg wees.  Dis nie maklik om ‘n rugsak net 10kg te kry nie!  Ek probeer altyd my sak onder 20kg te hou.

MEDIKASIE

Die stapleier sorg vir noodhulp toerusting, maar dit sal wys wees om die volgende vir jouself in te pak
  • antihistamien as jy allergies is of hooikoors kry
  • pleisters vir blase
  • Tabard / Peacefull sleep vir muskiete. Dit is somer en die daar is baie water
  • Panado as jy weet jy kry gereeld kopseer
  • asma pompie as jy dit nodig het
  • multivitamienpil vir elke dag sal jou daai ekstra energie skop gee

BLASE

Die beste raad vir blase is voorkoming. Skoene wat perfek pas is ideaal. Skoene wat reeds ingestap is, is noodsaaklik. Lekker dik wol-sokkies is my gunsteling, maar baie mense se dat dun draf sokkies, met medium sokkies bo-oor werk vrek goed, want die twee lae verminder friksie. Veral vir mense wat nie R90 se paar stapsokkies wil koop nie, is dit ‘n opsie.

Neem ‘n naald, lighter en rol pleister saam. Maak die punt van die naald vuurwarm. As dit afgekoel is, maak die kleinste gaaitjie aan die kant van die blaas wat nodig is om dit te dreineer. Veral vir hakskene wat weer gaan skaaf, kan van die pleister geplak word sodat die blaas nie sal breek nie. Vir blase wat reeds stukkend is, sal antiseptiese salf en pleister met gaas verligting bring.

'n Ander bekende raad vir ‘n blase is dat jy ‘n stukkie gare met ‘n naald deur die blaas stoot, en die gare so binne-in agter los, dan kan dit lekker uitdreineer. Dit klink vir my maar onhigiënies, want selfs met antibakteriese salf sal so ‘n wond in ‘n sweterige, vuil sokkie ontsteek; daar is elkgeval geen manier hoe dit steriel uitgevoer kan word in die bos nie.

Monday, 21 November 2011

Ses dag stap spyskaart (Afrikaans)

ONTBYT
Ontbyt moet vullend wees en vinnig om te maak. Vir afwisseling maak ek beurte tussen pakkies Oats-so-Easy (ouens kan twee per dag oorweeg), en muesli-mix (resep: muesli, suiker en melkpoeier reeds saamgegooi in sakkies met regte hoeveelheid vir een ontbyt. “Just add boiling water”). Beskuit saam met ontbyt is ‘n lekker treat maar dit is bulky en neem baie spasie in ‘n rugsak.

TEE/KOFFIE
Beplan vir so twee bekers koffie/tee ‘n dag. Veral in die somer sal jy nooit meer as dit drink nie. Ek sit my koffie en melkpoeier in medisyne botteltjies, maar vir mense wat suiker gebruik werk daai koffie sachets ook lekker. Meet met 'n beker die water wat gekook moet word om gas te spaar.

MIDDAGETE
Middagetes is NB dat dit nie te lank neem nie, anders maak jy steeds kos terwyl almal swem en chill. Provitas en/of Cream-crakers vorm die basis vir enige toppings wat nie bederfbaar is nie. Ek vat vir elke dag twee Melrose kasies of van daai kasies in die sakkies (wat lyk soos worsies). Ook vir die eerste twee dae salami en die res van die dae ‘n pakkie John-West tuna. Dis ‘n goeie idee om game te maak saam met middagete. Een van daai klein sjokolades maak ‘n lekker poeding :-)

Image result for pretzels mini
SNACKS
Vir snacks: enige iets wat lekker is, in matigheid (mens voel maar stupid as jy helfte van jou lekkers vir 6 dae met bloed en sweet saamgedra het om dit weer huis toe te vat). Besluit vooraf hoeveel lekkergoed jy per dag begroot en pak dit in aparte sakkies. Omdat mens heeltyd sout uitsweet wanneer jy stap is soutgoed baie lekkerder as soetgoed. Biltong, droëwors, mini cheddars,  peanuts & rosyntjies en gedroogte vrugte is altyd tops. ‘n Pakkie Super-C’s vir elke dag, een pak jelly babies en so paar Jungle Bars is al soetgoed wat ek neem vir ‘n hele stap. Iets soos Sparkles kan ook goed werk, want suiker=energie.

NOOD KOS
Dit is meer van toepassing wanneer berg geklim word en mens vasgevang kan word in ‘n storm. Die maklikste ekstra maaltyd sou ‘n pakkie oats-so-easy wees en cup o’ soup omdat dit amper niks weeg.

AANDETE
As jy alleen wil kos maak werk 2minuut noodles, Smash en Cup a’ Soup goed, maar as mens vir 2-4 mense saam kos maak kan mens baie lekkerder resepte volg. Saans is jou kans vir lekker kos. Mens kan dit so eenvoudig of ingewikkeld maak soos wat mens wil, daar is altyd genoeg tyd.

Hier is ‘n voorbeeld gee van ‘n onlangse stap, (die idee is om ligte kos te dra wat vinnig gaar word):

Aand 1: Chicken Mate met verseëlde, gerookte hoenderborsie (sal nie afgaan in ‘n dag nie)
                Smash as bykos
                Instant vlae met jelly tots in vir poeding

Related image                Cup a’ Soup vir voorgereg
                Slab vir poeding

Aand 2  Biltong, Cheddars en sampioensoppoeier saam met witrys (BTK ding, VREK LEKKER!)

Aand 3  Tuna-mate (Slaan die tuna blikkie met ‘n klip plat sodat dit minder                plek na die tyd neem).
              Boksie beet of groenteslaai as bykos (dit kom in ‘n verseëlde                        sakkie wat uit die boksie gehaal kan word)
              Pak Marshmallows vir braai of in koffie, as poeding

Image result for couscous salad campAand 4  Couscous met Mushrooms en Tamaties:
    2 koppies Couscous
    12 sundried tomatoes - minced
    3 gedroogte sampioene - opgesny
    3 hoender stock cubes
    2 eetlepels uie vlokkies
    4 teelepels gedroogte pietersielie
    2 teelepels swart peper
    Bestanddele kan vooraf saam in ‘n sakkie gegooi word. Voeg 4-5 koppies        water by en kook vir 5 min.
   - Die resep is vir 4 mense.

Aand 5 spaghetti bolognaise (bully beef werk goed maar ‘n sakkie Soya                     mince sal seker ook lekker wees maar kan dalk te veel gas gebruik                 om gaar te kook) Chinese noodles en mini-skulpies raak die                           vinnigste gaar (en spaar gas).
             Slab vir poeding
               
Neem ook 'n pilhouertjie met sout en pepper saam vir die groep.



GASSTOFIE
Veral as julle 4 gaan wees wat saam kos maak, kyk of julle twee potte kan saamneem per groepie. Miskien 2 stofies ook per 4 mense, dan kan water gekook word terwyl die een stofie kos maak, maar dit is opsioneel. As jy nog van daai klein gas bommetjies gebruik (die wat die gat in gepuncture word), moet jou stofie vooraf ‘n nuwe botteltjie aangesit word (dit lek baie stadig gas en laas jaar se bommetjie is dalk al leeg). Een 450gram gasbottel sal genoeg wees vir drie mense se behoeftes vir al ses dae. (vir ander grootte gasbottels, beplan dat daar ten minste 150gram gas per persoon is (lees net op die gasbotteltjie).

Happy cooking!